PLUIMPIE-STELSEL VERSEKER KWALITEIT KKNK-VERBLYF

kknk-2017-pluimpie-03-image-500x400px

Die KKNK se Pluimpies, ’n graderingstelsel vir informele verblyf wat deur die fees se verblyfkantoor verhuur word, is vir ’n vierde jaar in gebruik.

Klem word geplaas op ’n gehalte-ervaring en totale aanbod van die verblyf, eerder as net die prys. Die stelsel se doel is om die beste kwaliteit verblyf te verseker en komplimenteer verblyf op ’n skaal van 1 tot 3, met drie wat die mees gerieflike opsie is. Sodoende word dit vir die publiek makliker gemaak om ’n keuse van verblyf te maak.

Formele verblyf, soos gegradeerde gastehuise, behou hul ster gradering en word nie met Pluimpies beoordeel nie.

’n Besluit vir die gebruik van dié stelsel is in 2013 na ’n verblyfberaad, deur die KKNK gefasiliteer, geneem. Personeel van die KKNK se verblyfkantoor besoek verskeie verblyfplekke en ken Pluimpies soos volg toe:

 

Een Pluimpie

Hierdie verblyfopsie voldoen aan die basiese verblyfverwagtinge, naamlik ’n skoon, gerieflike en netjiese slaapplek en badkamer, veilige parkering in die straat, kombuistoerusting in goeie werkende toestand en meublement van ’n goeie gehalte. Die klem word geplaas op skoon, gerieflik en funksioneel.

 

Twee Pluimpies

Gaste kan hier ’n goeie algehele standaard verwag, met meer gerief. Die voorkoms van geboue, buite-areas en meublement is van ’n baie goeie gehalte en parkering is veilig en nie in die straat nie. Groter klem word op gerief, algemene voorkoms en netheid geplaas.

 

Drie Pluimpies

Sorg en aandag word gegee aan alle aspekte van die verblyf. Gaste kan baie meer ekstras en dienste verwag. Daar is voldoende toesluit parkeerplekke in ’n veilige omgewing. Standaard van meublement, linne en toebehore is van uitstaande gehalte. Kwaliteit, uitstekende graad van gerief en luuksheid is hier die wagwoorde.

 

Verblyfbesprekings vir volgende jaar se KKNK, van Saterdag, 08 tot Saterdag, 15 April, kan van 24 Oktober gedoen word. Klik hier vir meer inligting oor besprekings. Feesgangers word aangemoedig om vroegtydig te bespreek, aangesien verblyf vir die KKNK in 2016 vroeg opgeraap is, met goedkoper opsies soos kampering en koshuise wat vroeg vol was.

 

Vir meer besonderhede oor die Pluimpie-stelsel en ander verblyfnavrae, kontak Madelein Lombard by 044 203 8600 of verblyf@kunste.org.za.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?